Tuisblad

Tuisblad

Sola Fidei – Deur geloof alleen

Sola Gratia – Uit genade alleen

Sola Scriptura – Die Skrif alleen

Solus Christus – Christus alleen

Soli Deo Gloria – Aan God alleen die eer

Baie welkom by Primrose Gereformeerde Baptiste Kerk.
Ons handhaaf onbeskroomd en onbeskaamd die vyf Solas van die Reformasie, en bely ook die TULIP oortuigings van Calvyn. Ons prediking van God se Woord is eksposerend, d.w.s. verklarend en ondubbelsinnig. Ons bely die 1689 Baptiste Geloofsbelydenis wat feitlik woordeliks ooreenkom met die Westminister Confession of Faith. Ons preek die Boeke van die Bybel vers vir vers en handhaaf die konteks waarin dit geskrywe staan. Een van ons beginsels is dat daar skeiding moet wees tussen Kerk en Staat. Ons volg slegs God se wil ooreenkomstig die Heilige Skrifte en erken slegs God se regte op ons, eerder as die sogenaamde menseregte wat deur die politiek op ons afgedwing wil word. Ons bedryf nie ń godsdiens nie, maar leer weergebore mense om in die regte verhouding met Jesus Christus te lewe. Kom kuier vir ons en vind vir u self uit dat ons ernstig is in ons geloof in die waarhede van God. Niks is vir ons belangriker as om binne God se bepalinge vir geloof en lewe te bly nie. Ons oggend erediens is 10 uur by die Kerk gebou of om en by 10:15 regstreeks op Facebook. Ons hoop ons sien u spoedig. U eie geestelike groei en behoud is u allerbelangrikste verantwoordelikheid.

“Heilig hulle in u waarheid, u woord is die waarheid”
Johannes 17:17